Tee is sekerlik een van die lekkerste verfrissings om te drink na ’n lang dag om te ontspan. Dit is nie net lekker nie, maar daar is soveel verskillende soorte tee wat jy kan drink wat gesond is.

Groentee:

Dit keer dat jou liggaam vinnig verouder

Help versnel jou metabolisme vir natuurlike gewigsverlies

Dit kan help om kanker en hartsiektes te beveg

Kamille-tee:

Dit help jou om beter te slaap

Dit verhoog jou immuunstelsel en beveg depressie en angs

Pepermenttee:

Verlaag jou stresvlakke

Help vir ’n seer keel

Maak jou sinusse oop

Dit help ook om jou hormone in toom te hou

Tiemie-tee:

Dit help vir verkoue

Dit verbeter jou vel en beenstruktuur

Sitroenverbena-tee:

Dit help om jou stresvlakke te stabiliseer

Dit help ook om selluliet af te breek

Brandneteltee:

Goeie bron van yster en kalsium

Dit versterk jou immuunstelsel

Dit hou jou bloedsuikervlakke konstant

Gemmertee:

Dit beveg infeksie en verlig stres en angs

Dit help vir naarheid

Versterk jou immuunstelsel

Maak jou sinusse oop

Maak seker jy het altyd een van hierdie gesonde tee-soorte byderhand