Ná ses jaar, kan bewonderaars van die sangeres, Juanita du Plessis, uitsien na haar splinternuwe geestelike album, Koningskind, wat op 23 Junie vrygestel word. Boonop het dié album reeds goue status bereik met meer as 20 000 eenhede wat op bestelling is.

Juanita vertel dat die tyd reg was met God se pen in haar hand, en dat die album ’n baie persoolike skryfproses gehad het. Juanita se doel met die album is om hoop, dryf en nuwe lig in mense se lewens te laat vlam vat.

Klik hier om die album vooraf op iTunes te bestel.

Koningskind bestaan uit agttien snitte, nege van die snitte is nuutgeskrewe snitte deur Juanita self. Die titelsnit som die album mooi op: die ritme en gees-geïnspireerde woorde dra die boodskap oor dat almal vrygekoop is deur die bloed van Jesus Christus, en dat ons Koningskinders is.

Die musiekvideo van Koningskind is ook onlangs verfilm en sal later vrygestel word.