2017 | Drama

Hierdie geskiedkundige drama vertel die storie van ’n vurige elfjarige Khoi-prinses, wat van haar stam weggeskeur word om vir Jan van Riebeeck (die eerste goewerneur van die Kaapse Kolonie en haar oom se handelsvennoot) te gaan werk. Sy word na die eerste Fort, wat in 1652 deur die Oos-Indiese Kompanjie gevestig is, geneem waar sy grootword as ’n visionêre jong dameSy word na die eerste Fort geneem, wat in 1652 deur die Oos-Indiese Kompanjie gevestig is.

Hier word sy groot as ’n visionêre jong dame, wat die Nederlandse taal en kultuur so goed verstaan, dat sy ’n invloedryke tolk word vir van Riebeeck – die eerste goewerneur van die Kaapkolonie. Krotoa word egter op die ou einde deur haar eie Khoi-mense verwerp en deur die Hollanders vernietig wanneer sy probeer om ’n middeweg tussen die twee kulture te vind.

Regisseur: Roberta Durrant
Akteurs: Armand Aucamp, Crystal Donna Roberts, Jacques Bessenger, Doen Lotz, Marcel van Heerden, Roeline Daneel, Brendan Daniels en Ernest St Clair