Boelies is nie koel nie, en dis tyd dat ons, jonk en oud, boelie bestand, word.

Dít is die tema wat die splinternuwe musiekvideo, Wees Iemand, deur die duo-sangroep, DZL, en Maruchè uitbeeld. Natuurlik as sanger is daar geen beter manier om ’n boodskap uit te dra as deur middel van sang en musiek nie.

“Ons woon in ’n samelewing waar mense baie maklik hulle oor jou persoonlike doen en
late uitspreek en dit kan soms sy merk los. Dit is nodig dat mens van kleins af leer dat
boelies nie jou toekoms of sukses bepaal nie. Jy is sterk genoeg om op te staan,” sê Andries Hendrik van DZL.

Andries-Hendrik Potgieter in aksie. Foto: Verskaf

Die idee van ’n boelieprojek het in 2014 reeds by Maruchè posgevat nadat sy reeds op
So ’n jong ouderdom aan boelies blootgestel was. Die feit dat sy in die vermaaklikheids
bedryf begin uitblink het, het veral hiertoe bygedra.

“Ek het elke keer net weer opgestaan en besluit hulle gaan my nie onder kry nie. Ek gaan
net ’n sterker weergawe van myself word. Ek wil graag vanjaar hierdie boelieprojek
aanpak omdat ek elke dag self aan boelies blootgestel word, en ook kinders rondom my
sien wat deur dieselfde mishandeling gaan. Ons ouers is nie altyd daar om ons in watte
toe te draai nie en daarom moet ons vir onself kan begin opstaan. Ons moet leer om
‘boelie bestand’ te word,” vertel sy.

Die liedjie en musiekvideo vertel die storie van ’n jong meisie wat deur haar mede
leerders afgeknou word. Haar eerste instink is om weg te hardloop maar sy word deur
twee ouer mentors gemaan om nie op die boelies ag te slaan nie, maar haar eie sukses
en toekoms te bepaal. Haar positiewe reaksie het ook ’n baie goeie uitwerking op die
boelies self.

Maruchè en lede van die groep staan vir kiekies. Foto: Verskaf

Die Christelike Uitgewers Maatskappy, CUM, het onlangs ’n ondersoek in twee provinsies van stapel gestuur wat 1300 van hoër- en laer inkomste groepe ingesluit het. Onder laerskool
leerders het 87% van meisies aangedui dat hulle al geboelie was. Twee en sestig persent
van die seuns het hieronder deurgeloop; 19% van hierdie is al fisies geboelie, 74%
ondervind verbale mishandeling op ‘n daaglikse basis en 98% het aangedui dat hulle
eerder sal boelie as om geboelie te word. Die hoërskool leerders skets dieselfde prentjie, en meer as 20% van hierdie leerders het aangedui dat hulle al selfmoord oorweeg het.

Die ‘Wees Boelie Bestand’ projek word deur Maruchè gedryf waartydens sy ook by skole
en ander instansies haar boodskap van hoop sal uitdra.

Kyk die musiekvideo hier: