In 2017 is dit presies 15 jaar sedert Jak de Priester met sy trefferliedjie Sally Williams Nougat op die Afrikaanse musiektoneel verskyn het. 15 Jaar later het hy reeds nege studio-albums agter sy naam – alles nuutgeskrewe musiek uit sy eie pen. Een kinderalbum en -DVD, twee boeke, ’n paar gewilde kenwysies op die televisie en is hy selfs die aanbieder van ’n gewilde reeks op kykNET, Reis na Gister. Hy vier 15 jaar in die bedryf met ’n splinternuwe album, 15.

Dié album bestaan uit 17 splinternuwe liedjies en ’n paar interessante samewerkings soos met pianis, Charl du Plessis en sangers Jannie Moolman en Steve Hofmeyr. Dit maak hier en daar plek vir ’n ou bekende oor die laaste 15 jaar, maar bestaan hoofsaaklik uit nuwe oorspronklike liedjies. Van tong-in-die-kies soos Niemand Neem Hul Kwalik, tot dieper en meer ernstige werk soos Vriendskap Se Water en Boervrou, wat hy vir sy ma geskryf het.

In Afrikaans my taal vertel Jak de Priester hoe hy op Afrikaans verlief geraak het toe hy jare gelede in London gebly het en hoe dit ongetwyfeld die taal van sy hart en kuns geword het. In die program Reis na Gister word hy gereeld deur die lewens van sy gaste geïnspireer en soms kan hy nie anders as om ’n liedjie daaroor te skryf nie. Dié liedjie Stuur Liefde Aan Ou Toks is geïnspireer na sy dag saam met Toks van der Linde in Senekal. En dan is daar ook die temalied van die Koos Roets film Hoener met die rooi skoene.

Die samewerking met Steinway-pianis, Charl du Plessis in die liedjie Bo Blink Boogie Woogie, is ’n lekker vyftigs saamdans treffer in Afrikaans. Nog titels wat die hartsnare gaan roer is Kleinmond GedigAs Is Verbrande HoutAlles Vir liefde en Mika Se Song om net ’n paar te noem.

Jak de Priester skop 2017 af met ’n splinternuwe oorspronklike album en sê terselfdertyd dankie vir sy 15 fantastiese jare as sanger en liedjieskrywer in die temalied van die konsert, 15 Jaar met klavier en kitaar!

Kry Jak de Priester se album, 15, eksklusief en digitaal op GrootTunes!