Dr. Mathews Phosa was onlangs in die ateljee saam met Bobby van Jaarsveld, Arnold Coleske, Paulo Azevedo asook Erichia Pretorius, wat saam met Herman Steyn een van dr. Phosa se gedigte verander het in ’n lied.

Dít is vir Eichia se nie winsgewende maatskappy, Bring change Africa! Erichia en Herman het die lirieke van dié lied geskryf. “Ons het saam Dr. Mathews se gedigte gevat, en drie gekies wat ons gedink het ’n baie mooi boodskap het, maar spesifiek gefokus is op die toekoms van ons land,” vertel Erichia aan sterre.co.za.

V.l.n.r Arnold Coleske, Etienne Pretorius, Bobby van Jaarsveld, Eichia Pretorius, dr. Phosa en Paulo Azevedo

Dit was ook bestem dat een van Dr. Mathews se gedigte die vertrekpunt moes wees van dié liedjie. In 2016 was Dr. Mathews een van die ambassadeurs van Bring change Africa, “Ek het hierdie idee gehad, die foon opgetel en vyf minute later het Dr. Mathews die groenlig gegee,” sê Etienne, Erichia se man.  

Vir Erichia is dié ’n droom wat waar geword het, en sy is baie tevrede hoe die eindproduk uitgedraai het.

Foto: Verskaf

Hou gerus die spasie dop vir die liedjie.