Die chatNOU-aanbieder, Stephan van Huyssteen, en sy meisie, Franzel de Wet, is verloof!

Dié aanbieder en sanger het die goeie nuus op sy Facebook-profiel bekend gemaak. “So, dis official! Ek en hierdie pragtige dame, Franzel is verloof,” het hy by twee pragtige kiekies geskryf.

Talle bekendes het dié twee geluk gewens!

Franzel is ook ’n lid van die sanggroep, MWAH!, en Stephan was ’n lid van die trio, NRG.

Baie geluk julle!