Dit is drie jaar sedert die feeks Delia (Odelle de Wet) onder ’n donker wolk by die Binneland-kliniek weg is. Maar nou hou almal al asem op, want die bose Delila, wat intussen by die Binneland-kliniek se grootste mededinger, Southern Hope, gaan werk het, snuffel skielik weer in Binneland rond. En soos os almal weet, het sy en haar voormalige skoonpa, dr. At Koster (Hans Strydom), nooit oor die weg gekom nie – en sy wou mos At se ondergang bewerkstellig.

Op Woensdag 6 September ontmoet Delia Elana Bester (Ilne Nienaber), dr. Conrad (Hykie Berg) se suster. Elana wou as dokter by Binneland werk, maar weens haar slegte reputasie wou At nie vir Elana as dokter aanstel nie en het haar net ’n administratiewe pos aangebied. Elana doen dus by Southern Hop Hope aansoek om daar as dokter te werk. En wanneer Elana by S Southern Hope aanklop, sien D Delia dadelik ’n geleentheid r raak om die Binneland-kliniek se seer te maak en onmin te saai so soos net Delia kan.

Dr. Annelize Roux (Cindy Swanepoel), wat ook by Binneland werk, wil met alle mag van Elana ontslae raak omdat hulle nie oor die weg kom nie, en sy smeer Elana swart by Southern Hope. Elana se onderhoud verloop dus glad nie goed nie, maar die uitgeslape Delia se kop werk oortyd wanneer sy besef wie en wat Elana is.

“Die volgende dag [op Donderdag 7 September] ontmoet die twee vroue weer en Delia vra Elana om vir haar op die Binneland-kliniek te spioeneer. Sy weet ook net hoe om ’n nuwe bondgenoot van Elana te maak: sy vertel Elana hoekom dit nie goedgegaan het met haar onderhoud nie en wie se skuld dit was,” verduidelik Odelle. En hierdie inligting laat Elana se nekhare rys.

Delia is nog onseker of Elana gaan saamspeel. “Sy hoop om Elana aan haar kant te kry en haar van die nodige inligting te voorsien wat haar posisie kan verstewig,” sê Odelle. As Elana so vinnig aan die aas gaan byt, kan dit weer groot probleme vir At Koster – en Binneland – beteken.

Maar Delia is ook nie so deursigtig as wat almal dink nie: eintlik wil sy die goue seun Conrad haar teiken maak. Conrad wil mos lankal uit pa At se skaduwee beweeg en selfstandig wees. Nou moet ons wag en kyk hoe die doelgerigte Delia se plan gaan ontvou.