Lefra Produksies se wegholtreffer van Dalene Matthee se Fiela se Kind met Shaleen Surtie-Richards in die rol van Fiela sprei haar vlerke en speel ook in Rustenburg en Heidelberg.

Fiela se Kind verkoop tans landwyd uit waar die produksie speel. Frans Swart, regisseur en vervaardiger van Fiela se Kind sê dit was nog altyd vir Lefra Produksies belangrik om te toer met die produksies.

“Ons leuse was nog altyd dat Lefra teater na die mense toe bring. Juis daarom is ons so opgewonde dat Rustenburg en Heidelberg ons genooi het om by hulle te kom speel. Met die moeilike ekonomiese tye kan mense in plattelandse gebiede nie meer bekostig om by teaters uit te kom nie,” sê hy.

Volgens Swart is dit werklik lekker om Fiela na die mense toe te bring. “Ek het in die Hoopstad en Wesselsbron distrikte grootgeword (klein plekkies), maar die destydse SUKOVS het ons ’n paar keer elke jaar besoek met wonderlike teaterproduksies.”

Dáár het Swart sy liefde vir die teater ontwikkel. Kinders het dit nie meer nie en word glad nie op hierdie manier aan lewendige teater blootgestel nie wat ’n jammerte is. Swart hoop dat Lefra Produksies kan iets kan doen om daardie leemte te vul. Ouers moet werklik ook moeite doen om die kinders wel na teaterproduksies soos Fiela se Kind te neem.

“Fiela se Kind is natuurlik ’n massiewe produksie om mee te toer, maar ons waarborg mense in Rustenburg en Heidelberg presies dieselfde ervaring as in groot teaters. Mense vergeet vinnig dat ons eintlik maar by die feeste in kleiner saaltjies optree,” verduidelik Swart.

Fiela se Kind speel in Rustenburg by die Hedgehog’s Nest Konferensiesentrum op 12 en 13 September om 20:00.  Kaartjies kan bespreek word deur 082 663 7281 of ’n e-pos te stuur na  info@hedgehogsnest.co.za. Klik hier om kaartjies aanlyn te koop.

Daarna vertrek Fiela Heidelberg toe en speel by die Hoër Volskskool Heidelberg op 14,15,16 September om 20:00.  Kaartjies kan bespreek word by Ria Fourie deur 083 564 1589 te skakel of ’n e-pos te stuur na ria@volkies.co.za.

Skoolgroepe kry wonderlike afslag – skakel Monica by (011) 815 3000 of stuur ’n e-pos aan admin@lefra.com.

Fiela se Kind word aangebied in samewerking met Stuttaford van Lines, RSG en Sounds Good.