Die sanger Jay, vier 11 September 2017 sy 40ste verjaardag. Ons het gaan aanklop by sy bestuurspan, CO Productions, vir vyf pret feite wat jy dalk nie van hom geweet het nie.

  • Hy was ’n lid van die lugmag se musiekgroep, die Kanaries.

  • Hy het al twee keer die rol van Aladdin vertolk in ’n teaterproduksie.
  • Sy tande is al op die verhoog uitgeslaan met sy mikrofoon, maar dit het hom nie gekeer om aan te hou sing nie.
  • Hy is verlief op perdry, en het sy eie perde op ’n plaas in die Oos-Vrystaat waar hy en die gesin altyd gaan ontspan.
  • Hy het vier seuns (Aidan (11), Samuel (8), Luka (3) en Jamie (10 maande)) seuns en hulle doen ’n nuwe relaiteitsreeks JAY en die Boys wat 19 September om 21:00 op VIA begin.

Los jou boodskap aan Jay op ons Facebook, Twitter en Instagram-blaaie met die hutsteken #GelukJAY!