Die Ghoema-bekroonde vir die Gewildste manlike kunstenaar vir 2017 – Juan Boucher – se nuwe musiekvideo vir die snit, Tenoorgestelde Liefde, vanaf sy album Dis wie ek is, is pas vrygestel.

Juan Boucher het weer eens die kreatiewe proses behartig. Juan Boucher se vriende, Jeanette en sy broer Tommie het saam gespan en die produksie verfilm.

“Dis eenvoudig, die aanhangers hou daarvan want dis wie ek is. Dankie aan Midvaal raceway, my pelle,Tommie en Jeanette julle is my “super-stars” en almal wat die video gaan deel met hulle pelle. Saam gaan ons GROOT,” sê Juan.

Kyk die musiekvideo hier:

Laai JOOX gratis af in die Google Playstore of App Store en luister na jou gunsteling kunstenaars se musiek.