Clare Wiese-Wentzel se splinternuwe program, Mooimaak, begin op 5 Oktober op kykNET. Mooimaak gaan alles daaroor om ’n vrou se innerlike skoonheid na buite te laat skyn deur middel van ’n gespesialiseerde transformasie.

Clare sê sy het self al die spesialiste met die hand gekies – van die kosmetiese tandarts tot die grimeerkunstenaar. Sy wou net met die beste werk.

Die fokus van die program is nie net om mooi te maak nie, maar om vroue te help wat weerloos voel oor hul voorkoms. Clare is so passievol oor die program dat sy persoonlik al die inskrywings deurgelees het en die regte voorkoms-keuses vir elke deelnemer help kies het.

As jy Hannon geniet, sal jy beslis van Mooimaak hou! Mooimaak word Donderdae om 17:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai!