Mbizi Game Lodge bied die kykNET Buite-Ekspo van 29 September tot 1 Oktober in Limpopo aan.

Dié naweek beloof om hope vermaak te verskaf vir die hele familie. Daar is talle buitelewe-uitstallers om te besoek, ’n kuiertuin, helikopterritte, kameelritte, snuffelmarkte, kindervermaak en selfs ’n braaikompetisie om na uit te sien.  

Mbizi Game Lodge is slegs 90 km van Pretoria en net 8 km van Bela-Bela.

Kaartjies is beskikbaar by Computicket of te koop by die hekke en kos R120 per persoon vir naweektoegang. Toegang vir een dag kos tussen R40 en R80 met verskeie afslagpryse vir skoliere en pensionarisse. Meer inligting oor die koste is beskikbaar by Computicket.

Geen diere of wapens word toegelaat nie.