Skuif vanaand weer voor die kassie in, want daar lê weer witwarm episodes voor van jou gunsteling TV-programme. Kyk hier wat wag:

19:30 kykNET (kanaal 144): Binnelanders

Die matriekdans is ’n groter gedoente as waarvoor enige iemand voorberei het. Jana se trane laat At die erns van die saak besef, terwyl bystand nie in ’n soen lê nie.

20:00 kykNET (kanaal 144): Die boekklub

Dis ’n week voor Kara en Lourens se troue. Lourens is egter ’n bol senuwees want sy ma hulle kom ook. Altus bring baie tyd met Adriaan deur en Andre het ’n verrassing vir sy ma.

20:30 VIA (kanaal 147): Met my hele hart

Ons kry ’n blik op Lianie May se lewe as kunstenaar en op haar persoonlike lewe. Ons volg haar en Barry se reis van paartjie tot getroudes.

21:00 VIA (kanaal 147): Jay en die boys

Elke week pak Jay en sy drie seuns ’n doen-dit-self-projek aan wat deur sy vrou gekies is. Die pa en seuns se tyd saam bring hulle nog nader aan mekaar.