Mike en Mavis is ’n splinternuwe Aardklop-debuutproduksie wat binnekort op die planke te sien is.

Gehore kan uitsien na ’n meesterstuk van klanke en geure wat mens laat terugreis na ’n eenvoudiger era. Die regie word deur Gerrit Schoonhoven behartig.

Elize Cawood vertolk die rol van die weduwee Mavis, die hoofkarakter. Mavis word een aand deur haar dogter oortuig om bioskoop toe te gaan om ’n bietjie uit die huis uit te kom. Daar ontmoet sy vir Mike en ’n vriendskap ontwikkel. “Mike maak vir Mavis seriously die hof. Maar dis romanties, soos in die ou movies,” sê Cawood.

Verder as dit moet mens nie vertel nie, meen Dunster, want die kinkel is op pad. Gehore word aangemoedig om eerder hul eie konneksies met die verhaal te maak.

Mike en Mavis sal opgevoer word in die Totius-saal in Potchefstroom by die volgende datums: 3 Oktober 16:00, 4 Oktober 20:00, 5 Oktober 10:00, 6 Oktober 13:00, 7 Oktober 10:00

Kaartjies kos R125 per persoon en die opvoering duur ’n uur. Kaartjies beskikbaar by Computicket.