Wanneer dit by musiek en film kom is Leah geen vreemdeling nie. Trouens, dié blondekop het haar buiging in die musiek- en filmwêreld gemaak toe sy die hoofrol in die fliek, As Jy Sing, vertolk het.

Só is dit ook met haar jongste opkomende fliek, Susters.

Leah, in samewerking met Inhoud Huis en kykNET, het op 15 Augustus die temalied, Nooit Alleen, saam met Jo Black opgeneem en dit op sosiale media gedeel.

Jo Black het uiteindelik gister met sy aanhangers op Facebook gedeel dat dié temalied op plaaslike radiostasies begin speel het. Aanhangers kan ook uitsien om dié duet in die hande te kry op die splinternuwe In Afrikaans-kompelasie-album.

Die musiekvideo vir die liedjie is ook Woensdag, 5 Oktober geskiet.

Susters word landwyd op 1 Desember 2017 in fliekteaters vrygestel.

Laai ook JOOX gratis af in die Google Playstore of App Store en luister na jou gunsteling kunstenaar se musiek!