Van Vrydag, 27 Oktober tot Sondag, 29 Oktober vind die Bakgat Môreson Plaasfees op Môreson net buite Malmesbury plaas. Die Vrydag sal daar gesokkie word met Die Campbells, die Saterdag is daar heelwat aktiwiteite wat gaan plaasvind en dit gaan Saterdag afsluit word met Kurt Darren wat feesgangers gaan vermaak.

Die Sondag gaan Lollos die kleintjies vermaak en daar sal ook ʼn kerkdiens wees. Stephan Visagie gaan die naweek afsluit. Toegangsfooie beloop R50 vir kinders en R100 vir volwassens vir die Vrydag. Die Saterdag is dit R60 vir kinders en R120 vir volwassenes. Sondag se toegangsfooie beloop R40 vir kinders en R80 vir volwassenes.

Daar is naweekpakkette beskikbaar wat R100 is vir kinders en R250 vir volwassenes. Kaartjies is beskikbaar by Computicket en ook by die hek. Vir meer inligting stuur ʼn e-pos na christo@bakgatpromosies.co.za.