Hierdie resep is heelwat gesonder as meeste roomysresepte, veral omdat daar geen bykomende suiker bygevoeg word nie. Dus kan jy die skuldgevoel wat gewoonlik saam met nagereg kom, salig ignoreer.

Bestanddele:

2 piesangs, in snye (gevries)
½ koppie gesnyde aarbeie (gevries)
2 eetlepels amandelmelk
½ teelepel vanielje

Metode:

Sit die gesnyde piesangs en aarbeie uitgesprei op ’n bord en plaas dit in jou vrieskas vir 2 ure.
Haal nou die aarbeie en piesangs uit die vrieskas en plaas dit in ‘n voedselverwerker. Meng totdat dit sag raak.
Voeg die amandelmelk en vanielje by die piesangs en aarbeie en meng goed.
Plaas nou alles in ’n bak en plaas in die vrieskas tot gevries.

Skep op en geniet.

Hierdie resep is verskaf deur mymatzikama.com