Die sanger, Dewald Wasserfall se nuwe enkelsnit, is pas vrygestel.

Dié enkelsnit, wat ’n Jaar Na September, heet gaan oor twee geliefdes wie se paaie noodgewonge moes skei, maar hulle belowe egter mekaar dat as hulle ’n jaar later nog alleen is, hulle mekaar sal vind.

“Dit gaan oor daardie gevoel van nuwe liefde, en die hoop dat mens nie allen hoef te wees nie,” sê Jenny Griesel, Wasserfall se publisiteitsbestuurder.

Die nuwe snit is beskikbaar op Wasserfall se jongste album, Jy Is Die Storm, wat nou ook beskikbaar is op JOOX.

Laai JOOX gratis af in die Google Playstore of App Store en luister na Dewald Wasserfall se musiek!