Vandeesweek se innoveerders is twee jong broers van Montana, Stiaan en CW Pieterse.

Stiaan en CW is die jongste eienaars van die gewilde ketting-gym, Body20, in Brooklyn. Dié twee staan ook bekend as die Brooklyn Brothers onder die plaaslike gemeenskap.

Stiaan en CW was nog altyd mal oor daaroor om te oefen en was self lede van Body20. “Ons kon net nie genoeg daarvan kry nie,” sê CW. “Ons was op soek na ’n loopbaanverandering en het Body20 as die ideale geleendheid gesien. Dit het ons lewens verander en ons het nooit teruggekyk nie.”

Vandag bedryf Stiaan en CW hul eie Body20 Gym en die resultate van hul kliënte is ongelooflik.

“Die idee om iemand in 20 minute te laat oefen en dieselfde resultate te kry as iemand wat ure in die gym bestee maak my opgewonde en laat my uitsien daarna om die dag soggens aan te pak,” sê Stiaan.

CW en Stiaan geniet ook die volgehoue steun van die franchise en sê dat hulle baie hulp ontvang om sodoende konstant te groei.

Wanneer daar gepraat word oor die toekoms is CW en Stiaan albei positief dat hulle selfs ’n tweede tak sal wil oopmaak en dat hulle nie bang is vir nuwe uitdagings nie.