Vrydag, 27 Oktober merk die datum van die immergewilde Suid Afrikaanse advertensie-toekennings – Pendoring.

Die Pendoring-finaliste vir 2017 is reeds op hul webblad vrygestel en mense begin behoorlik gons oor die kortlys.

“Pendoring bly die enigste geleendheid waar kollegas en spelers in die bedryf kan terugsit en hulle verlekker in 100% eg Suid Afrikaanse bemarkingstalent en kreatiewe werk,” sê Izelle Venter, voorsitter van die Pendoring-direksie en kanaalhoof van VIA TV.

“Ons hoop erkenning aan die skeppers van inheemse taal-reklame sal die bedryf stimuleer en die toptalent aanmoedig om in hul moedertale aan te hou skep,” sê Waldimar Pelser, Pendoring-direksielid en redakteur van Rapport.

Die aand beloof om ’n spogaffêre te wees met vele verrassings vir al die gaste en finaliste.

Vir ’n volledige lys Pendoring-finaliste klik hier.