Aanhangers van Elke Skewe Pot kan uitsien na ’n splinternuwe Rous House produksie – Die Kasteel.

Die storie gaan oor ’n belegger en sy vrou wat deur ’n finansiële verknorsing gaan en dan die besluit neem om hul “kasteel” te verander in ’n boetiek-hotel.

Hannes Muller, Dorette Potgieter, Cintaine Schutte, Solomon Cupido en Pulani Sekepe voorsien die vermaak en al die manewales wat geskied in Die Kasteel.

Gehore kan ook uitsien na vier gaskunstenaars in elke episode van dié 26 episode lekker-lag-reeks.

Die beste nuus van alles is dat jý deel kan wees van die verfilmingsproses! Jy kan gratis as gehoorlid dié opnames bywoon en saam deel in die pret van die teks wat lewendig voor jou uitspeel.

Vir meer inligting en datums waarop Die Kasteel verfilm word, klik hier.