Chriszelda Steyn sing reeds vir 25 jaar en wag geduldig vir haar deur om in die musiekbedryf oop te gaan. Sy is vandeesweek ons musiekster van die week, en ons het gaan aanklop om haar van nader te leer ken.

Wie is Chriszelda?
Chriszelda is ’n boorling van Port Elizabeth, maar het grootgeword op Oudtshoorn in die Klein Karoo, waar sy steeds woon. ’n Plaasmeisie in murg en been.

Beskryf jou musiekgenre.
Ek sing Afrikaans en Engelse country musiek en ook gospel.

Waar sien jy jouself oor 10 jaar?
Hopelik iewers gevestig in die musiekbedryf, suksesvol en gelukkig.

Watter geheime talente het jy?
Ek doen graag houtwerk. Ek kan met bore en hammers werk sonder om myself seer te maak. Ek is lief daarvoor om houtmeubels te maak.

Wat is jou grootste droom?
Ek wil baie graag nog eendag die voorreg hê om saam met dolfyne te kan swem.

Wie is jou rolmodelle in die musiekbedryf plaaslik?
Steve Hofmeyr, Jo Black en Riana Nel.

En internasionaal?
Tammy Wynette, Taylor Swift en Katy Perry.

Saam met watter kunstenaar sal jy graag ’n duet wil doen?
Definitief Steve Hofmeyr en Jo Black.

As daar een ding is wat jy van die aardbol af kan laat verdwyn wat sal dit wees?
Moord.

Waar kan mense jou op sosiale media kry?
Ek het ’n Facebook-bladsy waar mense my doen en late kan dophou. Mense kan ook binnekort uitsien na my webblad.