Die sanger, Joe Foster het sy splinternuwe enkelsnit Vrede Maak eksklusief op die musiekstroomdiens, JOOX, bekendgestel.

Volgens Arnold Coleske is die snit “totaal iets anders as wat tans daar buite is, en steeds baie kommersieel”. Dis die eerste enkelsnit wat Joe vrystel in die nuwe en volgende fase van sy loopbaan, ná die groot sukses van sy Hartklank-album en al die suksesvolle enkelsnitte wat dit opgelewer het.

Vrede Maak is ’n snit wat Joe – oudlid van die musiekgroep Adam – al ’n jaar gelede begin skryf het en onlangs eers afgerond en self vervaardig het.

“Ek het sterk geïnspireer gevoel om Vrede Maak klaar te maak omdat ek onlangs eers ontdek het hoe belangrik dit regtig is om vrede te maak,” verduidelik Joe.

Laai JOOX gratis in die Google Playstore en App Store af en luister na ons weeklikse speellys met top musiek! 

“Ons woorde is die wapens wat seermaak wanneer ons gefrustreerd raak of kwaad raak. Ons sê goed wat ons nie bedoel nie en sukkel om te herstel daarvan. Ons kan dan eintlik nie altyd met dieselfde metode as woorde ook vrede maak nie. Ons kort somtyds iets anders wat ons weer saamgom, sodat die wonde van woorde begin beter raak. In ’n liefdesverhouding speel intimiteit en fisiese kontak ’n baie belangrike rol om vrede te maak ná ’n groot geveg of tydperk van woede. In vriendskappe en familie is dit stywe drukkies gee, iemand se voete was, ’n handdruk gee of enige ander fisiese kontak baie belangrik om te wys jy is jammer en om ook nederigheid en menslikheid te wys.”

“Hoe anders gaan ons vrede maak” as om mekaar vas te hou en op te raap van liefde?”

Dít alles is die kern van waaroor Vrede Maak handel en wat Joe geïnspireer het om hierdie snit te skryf.

Die liedjie is nóú beskikbaar op JOOX. Laai die app gratis in die Google Playstore of App Store af en gebruik die kode “JoeFoster” om een maand se VIP-toegang te kry.