Volg hierdie smullekker fudge-poedingresep om jou ete reg af te sluit. ’n Soetigheid is altyd welkom in die huis na ’n heerlike bord kos.

Bestanddele:
60 ml botter
250 ml suiker
4 eiers
250 ml bruismeel
10 ml vanieljegeursel
6×100 g blokkies fudge
150 ml room

Metode:
Verhit oond tot 180 grade.

Klits die botter en suiker saam tot romerig.
Voeg eiers een vir een by en meng goed.
Voeg meel en vanieljegeursel by en meng tot ’n gladde beslag.
Krummel 4 blokkies fudge in die beslag en gooi in ’n ronde tertpan van 25 cm
Bak vir 20-25 minute.

Sous:

Plaas res van fudge saam met die room in ’n pot en bring tot kookpunt.
Roer aanhoudend tot glad.
Sit warm poeding voor met fudge-sous en roomys.

Hierdie resep is verskaf deur MyMatzikama.