Elzaan van der Merwe se pad tot by Mamilla Fashions het op heel onverwagse wyse gebeur. Sy het vir 19 jaar in ’n mannewêreld gewerk waar sy motorregistrasies gedoen het.

“Ek het my passie vir kleremaak gekry met al die lewenslesse wat ek oor die jare geleer het,” sê sy. Sy het veral met haar gewig gestoei en gesukkel om die regte klere vir haar liggaamtipe te kry. Dis toe dat haar pad 10 jaar terug met Mamilla Fashions begin het. Sy het haar eie klerereeks begin.

Mamilla Fashions spog reeds met talle ontwerpe vir Afrikaans is Groot- asook Classics is Groot-konserte en het vanjaar gesorg vir ontwerpe vir die strykorkes, die koor, Corlea Botha en Monique Steyn. “Dit was ongelooflik om my skeppings op so ’n groot verhoog te sien,” vertel Elzaan.

Die sangeres, Corlea Botha, is ook een van Mamilla Fashions se trotse ambassadeurs. Dis juis deur Corlea wat Elzaan die geleentheid gebied is om van die ander kunstenaars by hierdie konsert te klee.

Oor 10 jaar sien Elzaan haarself om steeds die passie wat sy het vir Mamilla Fashions het, uit te leef en die besigheid te groei.

Mamilla Fashions se winkel is geleë in die Irene Village Mall in Pretoria. Skakel hulle gerus op 012 662 1210 vir meer en volg hulle op sosiale media.