Namakwa Toere vier vandeesmaand ’n uitstekende 2017. Nie net het dié vooruitstrewende toeragentskap – geleë op Vanhrynsdorp – vanjaar dit reggekry om ondanks die ergste droogte in 55 jaar, sy toere vol te maak en toergangers die pragtige blomme van die streek te wys nie, maar het hulle ook begin met hul toere na Namibië.

Mike Spies, eienaar van Namakwa Toere, vertel: “Dit was beslis ’n jaar van uitdagings. Die droogte het veroorsaak dat ons soveel meer kilometers moes aflê om die beste beskikbare blomme te vind. Ons het, soos altyd, daardie ekstra myl gestap – met uitstekende gevolge. Ons toergangers was beslis nie teleurgesteld nie.”

“Elke jaar het sy spesifieke uitdagings en vanjaar s’n was effe moeiliker as gewoonlik. Maar een van ons leuses is om nooit ons toergangers teleur te stel nie. Omdat ons toere so aanpasbaar is, kon ons ander plekke gaan verken en die pragtigste blomme ontdek,” sê Mike.

En die kommentaar van toergangers op hul Facebook-blad is bewys hiervan: Renske Brits van Tzaneen skryf: Wat ’n amazing toer!! Ons was van die 21ste tot 26ste Augustus 2017 op toer saam met Namakwa Toere en as die “know it alls” sê daar was geen blomme nie, kan ek verseker met baie bewyse aan jul die teendeel bewys en byvoeg dat jul nie saam met Mike en Marné op toer was nie en verseker uitgemis het.”

“The area is suffering from the worst drought in many years but we were taken to where flowers were in bloom – only local knowledge and a good relationship with the farmers on whose land the flowers were made this possible,” sê Sally Herbert van Pietermaritzburg.

Dekker Liebenberg van Riebeekstad skryf: “Namakwa Toere is uitstekend. Mike en Marné is professioneel in die hantering van die toer en die toergangers. Ek gaan nie groot op Facebook nie, maar oral waar ek gaan en met mense praat, beveel ek Namakwa Toere aan as dié Toergroep om saam mee te gaan blomme kyk. Julle ken die omgewing en die mense van die omgewing en op die manier kon julle ons in die droë 2017 verstom met die blommeprag van Namakwaland.”

En Enna Lotz van Gansbaai skryf: “This was a first for me and my husband! We are caravan/camping people, but I am totally hooked! I am still in the afterglow of seeing beautiful flowers, (despite the drought) meeting lovely people, making new friends, having spreads of tasteful food and all being so professionally organised by Jenny, Mike and Marné, not to forget our skillful driver, Steven! Namakwa Toere, we salute you!”

Namakwa Toere se eerste Namibië-toer was vanjaar só suksesvol dat hulle volgende jaar vyf toere aanbied. Hierdie sonderlike land het ’n bekoring wat mense eenvoudig aangryp en toergangers kon nie uitgepraat raak hieroor nie. Belangstellendes wat Namibië volgende jaar saam met Namakwa Toere wil besoek, moet egter blitsig spring, want hierdie toere is reeds besig om uit te verkoop.

Namakwa Toere se spesiale aanbod vir enige van aanstaande jaar se toere is nog tot einde Desember geldig. Bespreek jou 2018-toer voor 31 Desember 2017 en betaal nog 2017 se tarief. Moenie hierdie spesiale aanbod misloop nie. ’n Deposito van R2 000 is betaalbaar binne 14 dae na bevestiging van bespreking.

Mike, die hele Spies-familie asook die personeel wil graag vir hul kliënte, vriende, kennisse en alle toergangers ’n geseënde en voorspoedige feestyd toewens. “Ons hoop almal rus lekker en kan 2018 met hernieude ywer en geesdrif aanpak! Ons sien julle weer volgende jaar!”

Namakwa Toere se kantoor is toe op 25 Desember en 1 Januarie, maar besprekings word enige tyd aanvaar en verwerk.

Vir meer inligting oor Namakwa Toere, skakel 027 219 1377, besoek www.namakwatoere.co.za of stuur ’n e-pos na info@namakwatoere.com. Volg Namakwa Toere op Facebook (@namakwatoere), Instagram (@namakwatoere) en Twitter (@namkwatoeresa).