Terwyl die huidige seisoen van die gewilde kykNET-werklikheidsreeks Boer Soek ’n Vrou einde se kant toe staan, het dié kanaal aangekondig dat inskrywings vir die 11de seisoen amptelik oop is.

Dié reeks, wat sedert 2007 vir talle Suid-Afrikaanse boere liefde help vind, boei kykers regoor die land.

Boere of plaasbestuurders, mans óf vroue, kan op kykNET se webblad inskryf om deel te wees van die nuwe seisoen.

Hoe werk dit?

  • Besoek www.kyknet.tv waar jy óf aanlyn kan inskryf, óf ’n inskrywingsvorm kan aflaai.
  • Foto’s en afskrifte van identiteitsdokumente moet die inskrywings vergesel.
  • Inskrywings moet die vervaardigers voor middernag op 9 Februarie 2018 bereik.
  • Die tien gekose boere sal op 8 Maart 2018 in kennis gestel word.
  • Deelnemers moet ongetroud en ouer as 21 jaar wees.

Bly ophoogte van die jongste TV-nuus hier.

Die nuwe seisoen sal vanaf Oktober 2018 op kykNET uitgesaai word.

Vir enige navrae, skakel Marche Media op 079 335 5137, of stuur ’n e-pos aan boer@marche.media.

Die tiende seisoen van Boer Soek ’n Vrou is tans Donderdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) te sien.