Vandeesweek spog ons met ’n 20-jarige blondekop wat watersportmal, ’n vryskut-model en ’n selferkende ‘party animal’ is. Bertus Volgraaff van Stellenbosch is ons Instagram Model van die week en het vandeesweek die kans om die meisies uit te boul met sy geelgroen oë, skewe glimlag en kordate houding.

Bertus, oorspronklik van De Aar, het sy kinderjare op Moorreesburg deurgebring en sy hele hoërskoolloopbaan was aan die Hoërskool Punt op Mosselbaai, waar die see sy hart gesteel het.

Nadat hy bemarking op Stellenbosch studeer het, is hy tans besig om die praktiese deel daarvan af te handel op Mosselbaai. Bertus doen deeltydse modelwerk en word dikwels deur modestudente gekontak om hul proefkonyn te wees en hul klere tydens mode-bekendstellings en -uitstallings te vertoon.

“Maar op ’n goeie dag is ek voltyds in die branders, besig om te bodyboard of te surf. Ek het vir 5 jaar lank lewensredding gedoen op Mosselbaai en die omliggende omgewing, so het ek ook vlak 3 in mediese bystand behaal. In my vrye tyd hou ek daarvan om bo na die lighuis te gaan by Die Punt en na die see en surfers te kyk. So kry ek my kop skoon en bring ek tyd in die natuur deur.

“Maar ek is ook mal daaroor om te party! Ek is ’n tipiese party animal as mens dit so

kan stel. As ek Kesha se woorde kan aanhaal ‘the party doesn’t start till i walk in’. Ek is definitief die maltrap en bok vir sports in my vriendekring. Maar ek besef ook verantwoordelik as dinge ernstig raak.”

Bertus is baie gemaklik in sy eie vel en sal homself nie beskou as iemand met ’n swak selfbeeld nie. “Ek praat en is baie gemaklik voor ’n groot groep mense of gehoor,” sê hy.

Die twee belangrikste aspekte in die lewe vir hom is regverdigheid en eerlikheid, want

dit wys ook ’n mens se lojaliteit. ’n Persoon moet ook nie voorgee wie hy/sy nie is nie. “Wees net jouself en moenie jou steur aan ander mense se negatiewe aanmerkings nie.”

En wat lê voor die toekoms? “Oor 20 jaar beoog ek om my eie seiljag te hê

waarop ek mense kan onthaal en op toere regoor die wêreld te neem. Die mode-wêreld sal my ook nooit ontgaan nie en modelwerk sal altyd een van my passies bly, aangesien ek my jare nogal goed dra. Persoonlik wil ek sielsgelukkig wees met ’n beeldskone vrou van binne en buite wat saam met my, my avonture kan aanpak en die wêreld saam met my sal deurreis. Ek dink nie ek sal ooit kan settle en heeltemal rustig raak op een plek nie.”

Wat maak jou ongelukkig? “As ek sien hoe iemand anders swaarkry en sleg behandel word en ek niks daaraan kan doen nie, veral diere-mishandeling, maar dan is dit

meestal uit woede omdat jou hande afgekap is. O ja, voor ek vergeet as my kleintoontjie kennis maak met die koffietafel se poot.”

“My gunsteling kos is definitief enigiets uit die see, maar ek sal nooit ‘n lekker skaaptjoppie afskryf nie. Gunsteling gemorskos is vetterige sout en asyn slap tjips. Ek sal nou en dan ’n slaaitjie eet as ek voel dis nodig,” vertel Bertus.

Ons Insta Model van die Week is ’n ware vars bries uit die see se kant, met ’n uiters stoute en veelseggende Joker-smile en aansteeklike en positiewe houding. Volg vir Bertus op Instagram by @Bertusvollgraaff.

Ons wys elke Vrydag iemand op Instagram aan as Instagram Model van die Week. As jy op Instagram is en jy dink jy het alles en nóg waarna ons soek, of ken jy iemand wat jy dink ons Instagram Model van die Week kan wees, kontak ons asseblief by sterrenuus@lumico.co.za.