Mej. Heelal, Demi-Leigh Nel-Peters kom huis toe en jy kan deel wees van haar terugkeer in Johannesburg.

Nel-Peters het geskiedeis gemaak toe sy die tweede Suid Afrikaner is om dié kroon te dra. Die eerste Mej. Heelal van Suid-Afrika, Margaret Gardiner, het in 1978 met die kroon weg gestap.

As die 66ste Mej. Heelal gaan Nel-Peters vir ’n week in Johannesburg, Kaapstad en haar tuiste, Sedgefield kuier.

Demi-Leigh gaan 24 Januarie van 16:00 tot 17:30 by die Cell C Connect Centre, Waterfall Kampus wees.