Patso Nikolov is die eienaar en hoofkok van die immergewilde 59Plenty-kunsrestaurant in Bloemfontein en hy maak seker dat die kreatiewe standaarde beide in die kombuis sowel as die in die restaurant altyd hoog is.

Patso is in 1977 gebore in die stad van Sliven in Bulgarye waar hy as kind sy liefde vir kos en vermaak ontdek het met sy pa wat self verskeie restaurante besit het.

Oorspronklik het Patso in die rigting van tandheelkundige gekyk maar uiteindelik het sy liefde vir kos oorgeneem en het hy in die sjef-rigting in belê.

Twintig jaar later het Patso al in ’n totaal van 17 restaurante regoor die wêreld gewerk in lande soos Ierland, die Verendigde Koninkryk en selfs die stad Houghton in Michigan, VSA.

In 2004 het Patso die liefde van sy lewe, Ilze – ’n Suid-Afrikaner, by ’n hotel in Ascot ontmoet waar hulle albei gewerk het. Die res, soos hulle sê, is geskiedenis.

Ná hulle troue in 2008 het ’n kort kuier in Suid-Afrika hulle albei oortuig om hier te woon om sodoende ’n beter balans te kry in hul werklewe-skedule en het hulle nog nooit teruggekyk nie. Hulle het besluit op Bloemfontein juis oor die ontspanne atmosfeer en grootte van die omgewing.

Patso het in 2015 by 59Plenty begin werk as ’n sjef en het in 2016 die besigheid oorgekoop. Hy was net gaande oor die unieke kombinasie van kos en kuns in daardie restaurant en wou dit verder neem.

Die idee van 59Plenty is om gemeenskap en kultuur by mekaar te gebring en hy het al menigte funksies in die restaurant gehou, van ’n mode-parade tot ’n troue en alles tussenin. “Dit moet bekombaar wees vir almal,” se Patso.

Patso droom steeds groot oor sy restaurant en praat hy oor nog meer kosmaakklasse – pasta, sjokolade, sushi! Noem dit, en Patso doen dit.

“Mense neem die Suid-Afrikaanse lewenswyse vanselfsprekend. Ons het alles wat ons nodig het, dis rustig hier en ons geniet ’n hoë gehalte lewe,” se Patso.

Sy idee met 59Plenty is om ’n bekostigbare, dog luukse omgewing te skep waar alle tipe kreatiewes by mekaar kan kom.

Besoek gerus 59Plenty wanneer jy weer ’n draai in Bloemfontein maak.