kykNET soek na boere om in te skryf vir 2018 se reeks van Boer Soek ’n Vrou.

Dié werklikheidsreeks het immers al sedert 2007 vir talle Suid-Afrikaanse boere liefde gevind.

Boere of plaasbestuurders, manlik of vroulik, kan op kykNET se webtuiste, www.kyknet.tv, inskryf om deel te wees van die elfde seisoen.

Hoe werk die inskrywings?

  • Besoek kyknet.tv waar jy ófaanlyn kan inskryf of ’n inskryfvorm kan aflaai.
  • Foto’s en afskrifte van identiteitsdokumente moet inskrywings vergesel.
  • Inskrywings moet die vervaardigers voor middernag op 9 Februarie 2018 bereik.
  • Die tien gekose boere sal teen 8 Maart 2018 in kennis gestel word.
  • Diegene wat wil deelneem moet ongetroud en ouer as 21 jaar wees.

Die elfde reeks sal van Oktober op kykNET uitgesaai word. Die laaste episode van die huidige seisoen van Boer Soek ’n Vrou word op 26 Januarie uitgesaai.

Vir navrae kontak Marche Media by 079 335 5137 of stuur ’n e-pos na boer@marche.media.