Probeer hierdie smullekker braaibroodjie-pastei. Dit mag dalk net die perfekte gereg wees vir jou volgende braai wat jy beplan.
Bestanddele:
2 rolle skilferkorsdeeg
60 ml blatjang
250g kaas
2 uie in skywe gesny
2 groot tamaties in skywe gesny
sout en peper
Metode:
- Spuit jou rooster met kleefwerende kossproei, of verf ‘n bietjie kookolie aan die rooster om te keer dat jou deeg vassit.
- Rol die eerste rol deeg uit op die rooster uit op ’n plat oppervlak.
- Smeer die blatjang heel onder op die deeg, plaas die kaas, gevolg deur die uie en tamaties bo-op.
- Geur met sout en peper na smaak.
- Plaas die tweede roldeel bo-op en druk die rante goed vas, sodat die vulsel nie uitval nie.
- Braai oor stadige kole totdat die deeg goudbruin en bros is aan beide kante.