Die filmmaatskappy Marvel het onlangs die lokprent vir die fliek Ant-Man and The Wasp bekend gestel.

En dit is iets wat jy wil sien!

Die ster in dié voorskou is sonder twyfel Evangeline Lilly wat as Hope van Dyne – ook bekend as The Wasp – by die geselskap aansluit.

In die nadraai van Captain America: Civil War het Scott Lang (Paul Rudd) gestruikel met sy gewete oor sy keuse as ’n superheld en pa.

Soos hy sukkel om balans in sy lewe en sy verantwoordelikheid as Ant-Man te vind, word hy gekonfronteer deur Hope van Dyne (Lilly) en Dr. Hank Pym (Douglas) met ’n dringende nuwe misie. Scott moet weer sy pak aantrek en leer om te veg saam met The Wasp soos die span geheime van hul verlede oop delf.

Kyk die lokprent hier: