Die eerste geleentheidskanaal vir 2018 op DStv is die M-Net Movies Oscars-kanaal wat van 1 tot 28 Februarie vir DStv-premium-intekenare beskikbaar sal wees.

Die Oscars-geleentheidskanaal, gepak deur M-Net vir DStv, sal gebeeldsaai word op kanaal 109 en sal ’n handvol films wat Oscars ingepalm het uitsaai in die oploop na die 90ste jaarlikse Academy Awards wat op Maandag, 5 Maart in die Dolby Teater in Hollywood plaasvind.

M-Net Movies gaan elke dag ses films wys van 12:00 tot middernag, met ’n filmbiblioteek wat 115 Oscar-bekroonde films, 757 Oscar-benoemdes en 306 gouebeeldjies insluit.

Flieks op die M-Net Movies Oscars-geleentheidskanaal sal wissel tussen goue oues soos Gone with the Wind en die oorspronklike 1959 Ben Hur en selfs 2017 se Beste rolprent wenner Moonlight.

Die flieks sal van die bekroonde akteurs en Oscar wenners ten toon stel – van Meryl Streep en Tom Hanks tot Denzel Washington, Cate Blanchett, Leonardo DiCaprio en Suid-Afrika se eie Charlize Theron.

Oor naweke sal dié kanaal flieks uitsaai volgens die tematiese kategorië:

Saterdag, 3 Februarie – Meeste benoemings en Meeste wenners
Sondag, 4 Februarie – Meeste benoemings, Meeste wenners en Beste animasierolprent
Saterdag, 10 Februarie – Beste regisseur
Sondag, 11 Februarie – Beste ondersteunende aktrise
Saterdag, 17 Februarie – Beste ondersteunende akteur
Sondag, 18 Februarie – Beste akteur
Saterdag, 24 Februarie – Beste aktrisse
Sondag, 25 Februarie – Beste rolprent

Die 90ste Academy-toekennings sal regstreeks op M-Net Movies Premiere (DStv 104) om 03:30 en weer Maandag, 5 Maart op M-Net (DStv 101) op dieselfde dag om 21:30 uitsaai, waarna dit op DStv Catch Up beskikbaar sal wees.