Weet jy nie wat om vir vroulief en kinders te maak die Valentynsdag nie? Hier is die resep vir die heerlike Valentynsdag-potjie, soos gemaak deur Piet Marais en Frik Oosthuizen, op “Laat die Potte Prut”.

Pot-gerookte oesters met chipotle salsa

Bestanddele
– 12 Oesters, gegis
– 1kg Rots sout
– 200g Komkommer, fyn gekap
– 1 Rooi ui, fyn gekap
– 20g Koljander, fyn gekap
– Paar druppels Chipotle Tabasco
– Sap van een lemmetjie

Metode

Gooi die sout in ’n nommer 12 plat pan en plaas die oesters op die sout, maar hou ’n opening in die middel vir ’n klein sousbakkie. Plaas ’n paar brandende kole in die middel en sit die deksel op die pot. Laat dit rook vir 20 minute lanks die vuur. Die kole sal ’n klein bietjie rook oordra terwyl die hitte net die oesters ’n bietjie warm maak. Meng die res van die bestanddele saam en geur in ’n klein bakkie. Bedien saam
met die oesters.

Sout gebakte salm forel, ongeveer 500g elk

– 1 Vinkelbol
– 2 snye suurlemoen
– Sout & peper
– 2 Tiemie takkies
– 2 Lourierblare
– 1 suurlemoen, in die helfte gesny
– 4kg sout
– 20g Basil
– 330g Griekse jogurt
– 1 lepel heuning
– Olyfolie
– Bronkors vir versiering

Metode

Geur die vis en vul dit met die vinkel, tiemie, lourierblare en suurlemoen. Gebruik die halwe suurlemoen op beide kante van die vis se vel. Maak die sout nat totdat dit amper soos nat sand lyk en plaas van dit in die onderkant van ’n potjie met ’n plat onderkant. Plaas die vis langs mekaar in die potjie en bedek met die res van die sout. Bak dit op die vuur met 2/3 hitte van bo en 1/3 hitte van onder vir 20 minute. Intussen, meng die Basil met ’n bietjie olyfolie in ’n voedselverwerker totdat dit glad is. Voeg die sap van ’n halwe suurlemoen by, geur met sout, peper en heuning en vou dit dan in die jogurt in. Bedien met bronkors en suurdeeg brood.

Sjokolade Brandrissie Fondant

– 170g Botter
– 180g Donker sjokolade
– 70g Gewone meel
– 6 Heel eiers
– 220g Strooisuiker
– 20g Rooipeper

Metode

Voorverhit jou potje of oond tot ongeveer 200 grade. Smelt die botter en sjokolade saam oor ’n las hitte tot gemeng en haal van die hitte af om effens af te koel. Klits die eiers en suiker saam totdat dit sagte punte vorm en voeg dan die rooipeper by. Vou dan die meel en sjokolade in. Verdeel dit in 4 kamp-koffiebekers of ring vorms wat gebotter is en met kakao gesprinkel is. Bak vir 8 minute in die oond of vir 10 minute in die potjie en bedien dadelik. Dit is wonderlik met ’n bietjie vanielje roomys.