Die Namib Musiekfees gaan sy datum skuif om seker te maak die datum bots nie met enige ander fees- en/of sportaktiwiteite in Namibië nie.

Die fees se organiseerders het gesê dit is vir hulle belangrik om seker te maak die fees is uniek en eie aan Namibië en dat alle Namibiese ondernemings en feesgangers deel kan vorm van dié opwindende projek.

Die April-datum van die fees is moeilik aangesien daar reeds ander sport- en feesaktiwiteite geskeduleer is vir daardie week en datum, waarvan die organiseerders nie ten tyde van die beplanning van die fees bewus was nie. Dit is egter belangrik vir die organiseerders van die musiekfees om dit vir alle feesgangers moontlik te maak om al die verskillende geleenthede by te kan woon.

“Mense wat reeds kaartjies gekoop het, kan Computicket kontak vir ’n terugbetaling of kan die kaartjies hou vir die nuwe datum,” lui die verklaring van die organiseerders.

Nuwe inligting oor die fees sal later bekend gemaak word.