Meeste van ons ken die boek Vaselinetjie deur Anoeschka von Meck wat in 2004 gepubliseer is. Die boek is gegrond op haar persoonlike ervarings as versorger by ’n kinderhuis. Dit was al in meeste van ons se sitkamers en was selfs ’n voorgeskrewe boek in telke skole. Dis tot Corné van Rooyen besluit het om dié drama in ’n film te verander.
Die film, waarvan Corné en sy vrou, René die regisseurs is, het vinnig op die grootskerm naam gemaak. Dit het die hoofkategorie by KykNet se Silwerskermfees ingepalm en kort voor lank is dit genomineer om mee te ding in die Internasionale Filmfees in Arizona op 27 Februarie en 3 Maart.

Toe Corné van Rooyen Maandagoggend op die webtuiste gaan kyk, was hy in ekstase om te sien dat Vaselinetjie (aka My name is Vaseline), bekroon is as die beste humanitêre en narratiewe film by die Sedona-filmfees. Hy en sy vrou kon ongelukkig self nie die fees bywoon nie. Die teater was albei aande wat die film gewys het, stampvol.
Von Meck was net so in die wolke. “It was an honour to be selected as one of only 180 movies out of 12000 entries,” was haar kommentaar. Sy kon ook nie die geleentheid bywoon nie, maar haar suster en ander familielede het haar daar verteenwoordig.

’n Uittreksel uit haar oom, dr. Richard Carmen, se brief aan hulle, lees as volg: “Our “Sedona contingency” saw your film yesterday afternoon. Beautifully done, compelling, great performances conveying deep feelings through the challenges and turmoil. You achieved what is so very difficult when you take a book and make the characters come alive and weave them together, transforming words into pictures. Well done!”
Koop die DVD nou by www.loot.co.za of enige ander groot DVD aanlyn-winkels.