Die nuwe seisoen van kykNET se uiters gewilde Getroud met Rugby, het laasweek afgeskop. Hierdie seisoen is gevul met nog meer drama, dood, skandale en leuens – en belowe om jou op die punt van jou stoel te hou.
Jy kan ook ’n reeks van nuwe (en ou-bekende) gesigte verwag. Altus Theart (Fafa) se vrou, Zetske Van Pletzen, bekend vir haar rolle in onder meer Binnelanders en 7de Laan, gaan dié seisoen haar verskyning op die kassie maak. Mede Binnelanders-sterre Stefan Vermaak, Heidi Mollentze, Neels van Jaarsveld en Marisa Drummond sal ook hul nuwe rolle in die Getroud met Rugby-sepie, aanvat. Jy kan ook verwag dat Lieb Bester (Villa Rosa), Sulette Thompson (Plek van die Vleisvreters), Marno Van Der Merwe (Hartland), Andre Velts (Knysna – die fliek) en die sewentienjarige Hoerskool Zwartkop-leerling, Lauren Botha, hulle verskyning sal maak.
Met meer sterre as ooit, kan ons nie wag om elke weeksaand voor die televisie vasgenael te wees nie.
Moet dit nie misloop nie. Elke weeksaand om 21:00 op kykNET, met herhalings 09:00 soggens.