Bouwer Bosch se klank en aanslag is onmiskenbaar eiesoortig en hy is ’n kunstenaar wat met niemand anders verwar kan word nie.  Hy is ongetwyfeld een van die uniekste talente wat Suid-Afrika nog opgelewer het. Hy het van dag een af diep spore in die harte van sy aanhangers kom trap met sy sielvolle stem, betekenisvolle lirieke en humorsin. Vandag is hy ’n gevestigde naam in die vermaaklikheidsbedryf met verskeie albums, TV- en fliekrolle op sy kerfstok. Hy is ook TV-aanbieder en regisseur en sy liefdadigheidsorganisasie, Liefde Wen, gaan van krag tot krag.

Hierdie talentvolle man sit nie stil nie en stel gedurende die week van 30 April 2018, sy splinternuwe enkelsnit, Skatkis, bekend.

Skatkis gaan oor wanneer jy tot die besef kom dat ons almal eintlik maar net ’n verlore wrak is wat sink met ‘n skatkis.  Soms probeer jy die lewe te veel beheer, soms laat jy mense toe om jou ook te beheer.  Dit is juis dan wanneer jy moet laat gaan en besef dat dit okay is om nie altyd in beheer te wees nie en om ook soms weerloos te wees”, sê Bouwer.

Volgens Bouwer is die moeilikste ding van verhoudings (romanties of vriendskaplik) nie om lief te hê nie, maar om ander toe te laat om jou lief te hê.  Hy gaan voort:  “Die oomblik as jy besef dat almal ’n wrak is met ’n skatkis binne hulle kyk jy anders na mense, jy besef dat almal op hul eie reis is, almal het hul eie battles wat hul daagliks moet baklei.  Op die ou einde van die dag gaan ons almal in elk geval sink met net die skatkis steeds binne ons.

Skatkis is beskikbaar op iTunes en Spotify:

https://itunes.apple.com/za/album/skatkis-single/1365811518 – iTunes

https://open.spotify.com/album/7hNsbJHZ5GsVjmL215KMmo – Spotify

SOSIALEMEDIASKAKEL

Facebook: https://www.facebook.com/bouwerbosch/

Twitter: @BouwerBosch

Instagram: @bouwerbosch

Webblad: www.bouwerbosch.co.za

 

NAVRAE

E-pos: info@bouwerbosch.co.za