Die saak van die moord op die 21-jarige Matiestudent wat die land verlede jaar geskok het, gaan in Junie hof toe.

 

Vier beskuldigdes is aangekla van verkragting en moord op Cornelius, asook poging tot moord op Cheslin Marsh, wat saam met haar aangeval is. Marsh het die aanval oorleef ten spyte van steekwond-beserings. Cornelius en Marsh is uit haar Citi Golf gedwing en nadat Marsh ontsnap het, het die vier mans Hannah ontvoer, om die beurt verkrag, gewurg en met ’n mes in haar nek doodgesteek.

 

Die beskuldigdes, Geraldo Prinsloo, Nashwill Julies, Vernon Witbooi en Eben Van Niekerk het in die hof verskyn voor regter Mushtak Parker in die voorverhoor. Witbooi se pleitooreenkoms was onsuksesvol. Adv. Lenro Badenhorst, staatsaanklaer, het bevestig dat die verhoor op 11 Junie sal begin.

 

Die familie is ook nog in rou ook die dood van haar ma, Anna Cornelius (57), wat in Maart verdrink het.