’n Vrou in haar 40’s is Sondag in ’n rotsstorting op Tafelberg in die Wes-Kaap dood. ’n Man en twee ander vroue wat saam met haar was, is ook beseer. Die beseerdes is die berg afgedra.

 

Die man is per helikopter na die hospitaal geneem met matige beserings en die twee vroue is net lig beseer. Wildernes-soek-en-redding en paramedici het na die toneel gejaag nadat hulle ’n noodoproep van ander bergklimmers ontvang het. Die polisie kon weens gevaarlike omstandighede nie self by die toneel uitkom nie, maar reddingswerkers het die lyk per helikopter na die Kampsbaai-skoolgronde geneem. Die vrou is deur polisiewoordvoerder, kaptein FC van Wyk, dood verklaar.

 

ER24 woordvoerder, Annine Siddal, sȇ die voorval het na bewering plaasgevind op ’n Tafelberg-roete wat tydelik gesluit was.