Die Leipoldtvillefees is in 2005 begin deur ds. Gideon Basson as ‘n spesiale samekoms vir die kerk se 100ste bestaansjaar en die jaar is dit groter as ooit.

Hierdie jaar is die dertiende jaar wat Leipoldtvillefees daar is om ons te vermaak! Op 11 Augustus kan jy saam met ons kom kuier met van jou gunsteling sangers, onder andere Leah, Snotkop en Brendan Peyper.

Daar gaan hope stalletjies met heerlike kos en drankies wees, asook verskeie handwerk-en ander goedjies. As jy lief is vir veilings, gaan jy in jou noppies wees met die fees se lekker items wat hierdie dag opgeveil gaan word. Vir die kleinspan is daar hip-hop klasse, perdry, lapverf, gesigverf en vele meer!

Kaartjies kan gekoop word by NG Leipoldtville se ingang die dag van die fees. Kostes beloop R100 vir volwassenes en kinders onder 12 jaar en GRATIS vir pensioenarisse bo 70 en kinders onder 12 jaar.