Dis nou baie maklik om geld te skenk aan die Abraham Kriel-kinderhuis in Modimolle.

Die Afrikaanse leefstylkanaal VIA (DStv-kanaal 147) en die skarefinasieringsplatform Candystick.co.za het kragte saamgesnoer om geld vir dié kinders in te samel. Dié projek is geïnspireer deur die VIA-program Wees, ’n werklikheidsreeks oor kinderhuiskinders wat bo hul omstandighede uitgestyg het.

 

Om ’n verskil te help maak gaan na Candystick.co.za en klik op die Wees-geldboksie op die tuisblad. Druk op die “Contribute”-knoppie om jou bydrae te maak.

Kyk wat kan met jou geld gedoen word:

  • Kos: R500 per week per kind
  • Klere: R250 per maand
  • Toiletware: R100 per maand
  • Skooluitgawes: R1 000 per kwartaal
  • Mediese en terapeutiese dienste:R300 per maand

Piet Matipa, die aanbieder VIA (DStv kanaal 147) se program Wees, neem ons op ’n reis op soek na inspirerende stories oor mense wat in weeshuise groot geword het. Piet is self een van hulle en verstaan en ondersteun die nood wat sulke omgeesentrums ervaar om vir al hul kinders te sorg. Gerda van der Merwe, hoof van die Abraham Kriel-kinderhuis, het saam met VIA hierdie geldinsameling geloods sodat kykers maklik kan hand bysit.

Nuwe episodes van Wees wys op Woensdae om 21:00 op VIA (DStv-kanaal 147) met heruitsendings op Sondae om 18:30.