Het jy al Vrydag, 26 en Saterdag, 27 Oktober in jou dagboek aangeteken? Jy gaan dit beslis wil doen, want vanjaar gaan Madeliefie Makietie op sy beste nóg wees. Tientalle kos- en handwerkstalletjies sal regoor die dorp opgestel word by vanjaar se Madeliefie Makietie. Daar sal ook verskeie kuierplekke wees waar feesgangers sal kan eet en die streek se wyn kan geniet. Jy sal dié juweeldorp aan die Namakwa Weskus in sy volle glorie kan ervaar.

 

“Ons is baie opgewonde oor vanjaar se fees. Feesgangers kan uitsien na ’n wye verskeidenheid stalletjies wat te sien gaan wees by vanjaar se Madeliefie Makietie op Strandfontein,” sê Cindy Schade, woordvoerder van die fees.

 

Vanjaar se Madeliefie Makietie beloof om ’n hoogtepunt op die feeskalender te wees. Daar gaan soos oudergewoonte van Suid-Afrika se top kunstenaars wees, asook aktiwiteite om oud en jonk besig te hou. Verlede jaar se feesgangers kon nie uitgepraat raak oor hoe spesiaal dié trots Suid-Afrikaanse fees was nie.

 

By vanjaar se Madeliefie Makietie sal jy weer die Weskus en die gasvryheid wat daarmee gepaard gaan, kan ervaar. Dik Frik Spitbraai is een van die vele kosstalletjies by vanjaar se fees. Hier kan jy die lekkerste spitbraai, van varksnitte, kalfsboude en die sappigste biefstukke en nog vele meer geniet.

 

Tydens verlede jaar se Madeliefie Makietie-fees was daar ’n verskeidenheid pars-en-proe-stalletjies waar jy die lekkerste plaaslike wyne en skemerkelkies kon geniet. Vanjaar het feesgangers die voorreg om weer ’n draai te gaan maak by dié stalletjies. Die stalletjies wat jy vanjaar kan geniet sluit in Teubes Wines, Lutzville Wyne, Klawer Wines, Slush Co, Vinkel & Koljander, Qualitro, Indie Craft en Pang. By dié stalletjies sal jy aan die lekkerste drankies kan teug terwyl jy na jou gunsteling sangers se optredes kyk en die pragtige uitsig van die juweeldorp bewonder.

 

“Ek sien baie uit na vanjaar se fees! Daar gaan lekker stalletjies by Madeliefie Makietie wees,” sê die pragtige Leah wat weer te sien is by vanjaar se juweelfees. Haar optrede was verlede jaar een van die hoogtepunte op die feesprogram.

 

By Bobina Liqueurs se stalletjie sal daar mampoer, likeur en witblits verkoop word. Jy kan ook ’n draai gaan maak by Nescafé op Toer waar jy bobaas koffie kan geniet. En vir ’n koel lafenis is daar die Met Eish-roomysstalletjie vir smullekker roomyse.

 

Indien jy dalk op soek is na iets besonders om jou nek op te kikker, moet jy beslis ’n draai gaan maak by Lief Lief Krale. By die stalletjie sal jy ’n groot verskeidenheid krale en serpe kry.

 

Amanda Beets van Klawer, wat ook verlede jaar se fees op Strandfontein bygewoon het, het die volgende te sê gehad oor die stalletjies: “Love dat daar oral naby waar jy beweeg het stalletjies ook was.”

 

Kry die volledige feesprogram by www.madeliefiemakietie.co.za. Maak seker jy kry vroegtydig jou kaartjies vir vanjaar se fees om teleurstelling te voorkom. Kaartjies is beskikbaar by Computicket, Shoprite/Checkers-, House & Home-winkels, of kontak 0861 915 8000. Met Earlybird-kaartjies kry besoekers die geleentheid om hul kaartjies tot 30 Julie teen ’n groot afslag te koop.

 

Hier is ’n terugflits na hoe die feesterrein met die verskillende stalletjies verlede jaar gelyk het: www.facebook.com/MadeliefieMakietieSA/videos/872596002908778/

Bly op hoogte van die jongste Madeliefie Makietie-nuus op Facebook (facebook.com/MadeliefieMakietieSA), Twitter (twitter.com/madeliefieM) en Instagram (instagram.com/madeliefiemakietie/). Besoek ook ons webtuiste by www.madeliefiemakietie.co.za om meer te lees.