Brendan Peyper se nuwe musiekvideo vir Klim jou Everest het sy aanhangers op horings geneem nadat hy dit onlangs bekend gestel het. Die liedjie, wat die boodskap oordra om aan te hou klim en nooit op te gee nie, maak nie saak hoeveel keer jy val nie, hou mens positief en gemotiveerd. In die video loop ’n sensuele kaalbolyf Brendan op die trapmeul terwyl hy sy insprerende lirieke sing. Die video is reeds in bietjie meer as twee maande reeds 300 000 keer gekyk. Brendan, wat 104 000 volgelinge op Instagram het, het vroeer vanjaar R500 000 in die realiteitsprogram Tropika Island of Treasure gewen en was ook tot onlangs te sien as Buddy Holly in The Buddy Holly Story by die Emperor’s Palace. Kyk die video hier: https://www.youtube.com/watch?v=poNYphN2XoI