Binnenshuise stalletjies gaan sorg vir groter verskeidenheid

Maak solank gereed om vanjaar ’n hond uit ’n bos te kuier by die immergewilde Madeliefie Makietie-fees. Vanjaar se fees wat op Vrydag, 26 en Saterdag, 27 Oktober op die pragtige juweeldorp Strandfontein plaasvind, beloof om pret en vermaak aan te bied vir jonk en oud.

“Ek is baie opgewonde om te sê dat ek vanjaar vir die heel eerste keer saam met julle kuier by die Madeliefie Makietie-fees op die pragtige Strandfontein,” sê die gewilde Dirk van der Westhuizen, wat feesgangers gaan vermaak met liedjies soos Gooi Jou Suiker Op My, Spoel My Af, Fairytale, Tennis Tune en vele meer.

Vanjaar se Juweelfees gaan op sy beste wees, met tien van ons land se top-kunstenaars wat feesgangers gaan vermaak, ’n verskeidenheid stalletjies om van te kies en keur, pars-en-proe-tente waar jy die lekkerste wyn en skemerkelkies kan geniet en opwindende pretritte wat kinders vir etlike ure sal besig hou.

“Ons is BAIE opgewonde oor die nuwe binnenshuise uitstalruimte wat tydens die Madeliefie Makietie-fees beskikbaar sal wees,” sê Cindy Schade, woordvoerder van die fees.

Het jy dalk unieke handgemaakte items, heerlike koekies of ingelegte produkte wat jy wil uitstal? Stalletjies vir vanjaar se Madeliefie Makietie-fees is beskikbaar by die hoofingang in die saal vir die feesnaweek. Stuur ’n e-pos na madeliefiemakietie@gmail.com vir jou aansoek of skakel
071 151 6526 of 027 213 1622 vir meer inligting. Maak seker jy mis nie hierdie geleentheid nie. Daar sal ook ’n unieke en moderne koffiekroeg in die saal wees wat sal verseker dat daar heerlik gekuier word.

“Nog ’n aanwins vir hierdie gereserveerde area is die gewilde pretritte vir die kleinspan in die saal,” voeg Schade by.

Daar sal ’n verskeidenheid pretritte wees soos Happy Rides en Shongolo-trein wat sal sorg vir groot opwinding. Maak seker jy maak ’n draai, dit gaan beslis een fees wees wat jy en jou gesin nie wil mis nie.

Die gewilde Maltrap-fietswedren wat deur Namaqua Fietsryklub aangebied word, vind vanjaar weer plaas tydens Madeliefie Makietie. Hierdie fietswedren vind plaas op Saterdag, 27 Oktober. Die splinternuwe Stoftrap, beter bekend as die Colour Run, word ook die Saterdag aangebied. Die Hansie en Grietjie-kleuterskool bied hierdie wedloop aan.

Daar is nog verblyf in die Matzikama-streek beskikbaar waaruit jy as feesganger kan kies. Gastehuise soos River Lodge, geleë op Vredendal, bied spesiale naweekpakkette aan. Kontak hulle by 027 213 1695 of stuur ’n e-pos na info@riverlodgevredendal.co.za. Lutzville-hotel, wat 25 km van Strandfontein is, bied ook verblyf aan. Jy kan hulle gerus kontak by 027 213 1513 of ’n e-pos stuur na mannet@netactive.co.za. Hou ons sosiale media dop vir ander verblyf-opsies wat beskikbaar is.

Met al hierdie opwinding wat vanjaar tydens die Madeliefie Makietie-fees plaasvind, is daar beslis geen ander plek waar jy op 26 en 27 Oktober wil wees nie.

Bly op hoogte van die jongste Madeliefie Makietie-nuus op Facebook (facebook.com/MadeliefieMakietieSA), Twitter (twitter.com/madeliefieM) en Instagram (instagram.com/madeliefiemakietie/). Besoek ook ons webtuiste by www.madeliefiemakietie.co.za om meer te lees.

Kry die volledige feesprogram by www.madeliefiemakietie.co.za. Kaartjies is beskikbaar by Computicket, Shoprite/Checkers-, House & Home-winkels, of kontak 0861 915 8000. Met Earlybird-kaartjies kry besoekers die geleentheid om hul kaartjies tot 30 Julie teen ’n groot afslag te koop. Earlybird-kaartjieverkope is as volg:

Vir Vrydag, 26 Oktober:

⦁ Earlybird-kaartjies vir kinders R40 (7-17 jaar)
⦁ Earlybird-kaartjies vir volwassenes – R80

Vir Saterdag, 27 Oktober:

⦁ Earlybird-kaartjies vir kinders R50 (7-17 jaar)
⦁ Earlybird-kaartjies vir volwassenes – R110

Ná 30 Julie kos kaartjies vir die Vrydag R100 en vir die Saterdag R130.