Hy is oorspronklik van Vrede in die Oos-Vrystaat, maar die 31-jarige akteur David Louw bevind homself tans in Johannesburg. Louw, ’n akteur, MC en publieke spreker, is vandag meer bekend Simon Greeff op Getroud met Rugby.

 

Wat het dié plattelandse seun gemotiveer om die stof en grondpaaie te verrruil vir die stad se lawaai en straatligte?

Dis eenvoudig, Passie ís sy dryfkrag.

 

Hoe passievol is jy oor toneelspel en/of ander kunste?

Ek het dit nodig om te oorleef. Dit is my suurstof – sonder dit sal ek versmoor.

 

Is jy tans voltyds ’n akteur? (Indien nie, wat is jou gunsteling tydverdryf?)

Ek is tans ‘n voltydse akteur in die sepie Getroud met Rugby en ek is ook besig met teaterproduksies en ander projekte.

 

Wie is jou rolmodel en hoekom?

Heath Ledger – die manier waarop hy rolle benader het was innoverend en ook net wie hy was.

 

Jou gunsteling persona of karakter wat jy al vertolk het?

Ek kan nie kies nie, omdat elke karakter wat ek al vertolk het vir my ’n geskenk van Bo is/was en elkeen in sy eie reg my gunsteling was.

 

Beskryf jou karakter in drie woorde?

Ek gaan dit in een woord beskryf. INGU staan vir I’ll never give up.