Ons keuse vir aktrise van die week is ’n ‘beste aktrise’-bekroonde by die Kyknet Silverskermfees in Kampsbaai. In 2017 het Lea Vivier se lewe drasties verander toe sy gehoor het sy is benoem. Lees verder en ontdek meer van dié Kaapse juweel.

Hoe en hoekom het jy in die kunste en meer spesifiek drama betrokke geraak?
Ek tree al op vandat ek kan onthou! Gimnastiek, toe ballet, en toe drama. So die kunste en om te “perform” is deel van my menswees. Dis soos asemhaling.

Wat voed jou siel na ’n lang dag op stel? ’n Lekker warm bad en ’n goeie glas rooiwyn.

Waaraan skryf jy jou sukses toe? (In terme van ondersteuning en motivering)
My gesin, sonder twyfel.

Hoe hanteer mens ’n moeilike of ongeskikte mede-speler op stel?
Met empatie en ’n breë glimlag. Asook die wete dat sy/haar houding nie jou probleem of verantwoordelikheid is nie. Just kill them with kindness.

Op watter manier sal jy deur die gebruik van jou talente ’n verskil maak onder die jeug?
Deur stories te vertel hoop ek om te inspireer, te beïnvloed, empatiseer en beter te verstaan.