Inskrywings vir VIA (DStv-kanaal 147) en Coleske Artists se nuwe TV-reeks Die Kontrak – wat die volgende groot Afrikaanse kunstenaar sal kroon – het 30 Junie om middernag gesluit met 1 976 oudisievideo’s altesaam op Facebook, Instagram, Twitter, en die NetNuus-app.

VIA-kykers sal moet wag tot die eerste episode van Die Kontrak, wat eers in September op die Afrikaanse leefstylkanaal begin, om uit te vind wie die top8-finaliste is. Die top24-finaliste is egter vanaf dié week alreeds deur Coleske Artists genader. Die mentors – Elvis Blue, Tarryn Lamb, Monique Steyn, en Dewald Wasserfall – moet dan uit dié 24 sangers elkeen twee finaliste kies wat dit vir ’n platekontrak van ’n miljoen rand met Coleske Artists moet uitspook.

“VIA en Coleske Artists is omtrent stomgeslaan met die hoeveelheid inskrywings vir Die Kontrak. Ons is
nog meer beïndruk deur die gehalte van die sangtalent daarbuite,” sê VIA-kanaalhoof, Izelle Venter. “Dit gaan beslis vir ons vier mentors ongelooflik moeilik wees om net agt finaliste te kies. Hier kom heerlike kykgenot!”
“Ons is absoluut oorweldig deur die diversiteit van die talent,” voeg Arnold Coleske van Coleske Artists
by. “Dit was baie moeilik om by ’n top24 uit te kom, maar ons voel ons het afgekom op ’n groep
deelnemers wat uniek en uitsonderlik talentvol is. Ons sien met opwinding uit na ’n strawwe kompetisie!”

Die Kontrak sal deur die broer-en-suster-duo Bobby en Karlien van Jaarsveld aangebied word. Die agt
finaliste sal week na week ook uitgekyk word deur ’n kennerpaneel wat uit die sangers Theuns Jordaan
en Corlea Botha asook Barry Pretorius, die regisseur van die Afrikaans is Groot-megakonserte. Die
wenner van Die Kontrak word op 23 November 2018 by die jaar se eerste Afrikaans is Groot-konsert
aangekondig. Die wenner sal ’n platekontrak met Coleske Artists en ’n pasklaarloopbaan losslaan.
TV-roosters vir VIA is in Afrikaanse koerante, Huisgenoot, tvplus en op viatv.co.za en dstv.com beskikbaar.

Volg VIA TV op Facebook en @viatv op Instagram om op die hoogte te bly van al die nuutste verwikkelinge.
Vir nog besonderhede oor die programme of aanbieders, kontak Robert Kaden by robert.kaden@media24.com of besoek viatv.
co.za.